From: Rekord News Paper
Twee lokomotiewe ontspoor ná diefstal
Deur Du P Martins
Twee diesellokomotiewe wat 20 trokke vol erts getrek het, het verlede Woensdagmiddag sowat twee kilometer buite Cullinan ontspoor nadat dwarslêers onder die spore uitgesteel is.
Die eerste lokomotief het heeltemal ont-spoor terwyl die tweede die spoor net so ietwat byster geraak het.
Dit is volgens spoorwegwerkers reeds die sewende keer die afgelope twee jaar dat diewe die staal dwarslêers op die hierdie spoorlyn gesteel het.
Niemand is in die voorval beseer nie, maar die twee lokomotiewe is erg beskadig. Die erts was vir Davsteel bestem.
Die spoorlyn word merendeels vir die vervoer van goedere gebruik, maar soms ook deur Friends of the Rail vir plesierritte na Cullinan en terug.
Volgens ’n spoorwegwerker is sowat 100 dwarslêers gesteel en blykbaar is niemand nog in enige van die gevalle in verband met die diefstalle in hegtenis geneem nie.
’n Woordvoerder van die Bronkhorst¬spruit-polisie, Johannes Japhta, het bevestig dat Transnet ’n diefstalklag gelê het en dat die saak ondersoek word.
Translation to EN
From: Record Newspaper
Two locomotives derailed after theft
By Du P Martins
Two diesel locomotives hauling 20 loaded iron-ore trucks, derailed last Wednesday afternoon about 2km's outside Cullinan after sleepers had been stolen out from under the rails.
The first locomotive derailed completely while the second track so slightly lost the directions.
Railway workers claimed this has been the seventh time in the past two years that thieves have stolen steel sleepers on this railway line.
No one was injured in the incident, however both locomotives have been badly damaged. The ore was destined for Davsteel.
The line is mainly for transporting goods, but occasionally by Friends of the Rail for pleasure to Cullinan and back.
According to a railway workers there was about 100 sleepers stolen, and apparently no one in any of the cases in connection with the thefts has been arrested yet.
A spokesman of Bronkhorstspruit police, John Japhta, has confirmed that Transnet has logged a theft complaint and that the matter is being investigated.